Lailat al-'Kadr

Mohammed ontvang sy eerste openbaring van die engel Gabriël aan die berg Hira, miniatuur uit 'n manuskrip van Rasjid ad-Dins, Wêreldkroniek Dsjami at-tawarich, 1307.
Volgens die Islamitiese geloof het Mohammed die engel die eerste keer in die Hira-grot gesien.
Iraniërs herdenk Lailat al-'Kadr in die Imam Reza-heiligdom.
Iraniërs herdenk Lailat al-'Kadr in die Jamkaran-moskee.

Lailat al-'Kadr (Arabies: لیلة القدر, letterlik: "Nag van die Lotsbestemming" of "Nag van Krag") is in Islam 'n nag in die maand Ramadan toe die eerste soera van die Koran deur Gabriël aan Mohammed geopenbaar is. Die presiese datum van dié nag word nie in die Koran genoem nie[1][2] en kan net tot die onewe nagte van die laaste tien dae in Ramadan beperk word. Volgens die Islamitiese kalender begin 'n dag in ooreenstemming met die Skeppingsverhaal met sononder. Dit kan net een van die nagte van 21, 23, 25, 27 of 29 Ramadan wees. Oor eeue heen het verskeie tradisies rondom die presiese datum ontwikkel en veral die twee groot strominge van Islam, Soenniete en Sjiiete, verskil van mekaar.

  1. (en) Amirul Hadi. Islam and state in Sumatra: a study of seventeenth-century Aceh. p. 128. ISBN 978-9004129825.
  2. (en) Marjo Buitelaar. Fasting and feasting in Morocco: women's participation in ramzan. p. 64. ISBN 978-0-85496-321-8.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search